Bridgton Sekondêr Se Sewes-Spanne Skitter in Zibi’s Toernooi
Die o.19-sewesspan van Bridgton Sekondêr het na 11 jaar weer die beker gewen tydens die gewilde Zibi’s Sewestoernooi, wat jaarliks deur Bridgton Sekondêr by die Plate in Bridgton aangebied word. Foto: Verskaf
09/08/2024
Die Zibi’s Sewes-toernooi, wat jaarliks deur Bridgton Sekondêr aangebied word, het verlede Vrydag en Saterdag by die Plate in Bridgton plaasgevind. Die toernooi het 45 spanne gelok, met altesaam 600 spelers wat in vier ouderdomskategorieë meegeding het, vanaf o.8 tot o.19.
Vir die eerste keer in 11 jaar het die o.19- en o.16-spanne van Bridgton Sekondêr daarin geslaag om die beker huis toe te neem. Die o.16-span het ‘n spanningsvolle wedstryd teen Hoërskool Môrester met 12-10 gewen, terwyl die o.19-span die verdedigende kampioene, Worcester Sekondêr, met ‘n oorweldigende telling van 31-10 geklop het.
Die Oudtshoorn skole se o.13-spanne het ook goed gevaar. In die o.13-afdeling het Colridge Primêr die Bowl-titel gewen, terwyl Dysselsdorp Primêr die Skild-trofee ingepalm het. (Deur Lindi Brill, Die Hoorn)
Die o.13-spanne wat ook aan die toernooi deelgeneem het.
Foto: Lindi Brill