GROOTSTE BATTLE OF THE KAROO OOIT
Dames-skoboksers in aksie. Foto: Wyndham Ewerts
8/03/2024
Die afgelope naweek het Grebe’s-skopboksklub hul jaarlikse Battle of the Karoo-skopbokstoernooi by ‘n volgepake De Jager-sportkompleks aangebied. Volgens Ranger Grebe, afrigter van Grebe’s-skopboksklub en ook een van die organiseerders van die toernooi, het klubs soos gewoonlik van sover as Kaapstad en die Oostelike Provinsie gereis om te kom meeding.
Vanjaar was daar meer as 160 inskrywings en is dit volgens Grebe, die heel grootste bywoningsyfer nog.
“Tesame met die toename van toeskouers wat regdeur die oggend tot die aand bygewoon het, is die aantal skopbokers wat deelgeneem het ‘n bewys dat die sportsoort ontsettend groei. Ons visie is om groter platforms vir ons skopboksers te skep om te help met hul ontwikkeling en ervaring om so meer voorbereid vir nasionale en internasionale wêreldkampioenskappe te wees. Graag wil ons ‘n woord van dank aan die SA Sportsliga (SASL) gee vir hulle bydra tot die sukses van die naweek se verrigtinge,” het Grebe gesê
Ondanks verbete verdediging, het hierdie opstopper deurgedring. Foto: Wyndham Ewerts
Vanjaar was die Rise of the Champion-gevegte ook verlede Saterdagaand na die ope-toernooi vir die eerste keer aangebied. Hierdie gevegte het bestaan uit points fighting, light contact en kick light-afdelings.
In die Rise of the Champion, wat ook die Tatami Fight Night gedoop is, het die beste skopbokers in die Eden-streek deelgeneem. Altesaam 15 gevegte is beoordeel waarvan 10 skopboksers van Oudtshoorn afkomstig is.
Volgens Grebe sal die skopboksers weer in Junie tydens die Oudtshoorn-sportfees in aksie wees.
Grebe’skickboxingclub Battle of the Karoo-uitslae:
- Noah van Jaarsveld – goud/ silwer
- Malansa Cassara – 2 silwer
- Zian Pansegrauw – brons
- Gideon van Antwerp – 2 goud
- Armand Oosthuizen – 2 silwer
- Dian Botha
- Tertius Botha – 2goud
- De Wet Du Plessis – 2 silwer
- Lukas van Rooyen goud/2 silwer/ Fight Night Champion
- Stian Jonker silver/ brons Fight Night silver
- Reon Lombard goud/ Fight Night Champion
- Aidan Bruiners silwer /bons /Fight Night Champion
- Hailie van Rensburg
- Hugo Lötter 2 goud/ silwer/ Points Open Champion
- Wian Viljoen 1goud/ 2 brons
- Renier Kruger 1 silwer
- Gideon De Villiers 2 brons
- Jonathan Truter 3 silwer
- Reghardt Wolmarans 1silwer
- Xander van Jaarsveldt 2 silwer
- Heath Classen 2 goud
- Jaco van der Merwe 2 goud
- Brandon Bence
- Luan Mattheüs 2 goud,/1silwer
- Divan van Deventer silver /2 brons/ Fight Night Champion
- Dirk- Harold Mostert 2 goud/ 2 silwer/ Points Open Champion/ Fight Night Champion
- Cole Griffin 2 goud
- Cassey Europa
- Lisa -Mari Schoeman – 2silwer
- Liza- Mari Mostert – 2 goud
- Tristan Beets – 2 silwer
- Liam de Wit – 2 brons
- Logan van Jaarsveldt – silwer/brons/ Points Open Champion
- Aiden Solomans – silver /bons /Fight Night Champion
- Simon Greeff – 2 goud/ Points Open Champion/ Fight Night Champion
- Anando Olivier – 2 goud
- Wian Grebe – Fight Night silwer
- Divan Rademeyer – 2 goud /1 silwer / Fight Night Champion
- Audan Olivier – 1 goud/ Points Open Champion
- Chaunique Bruce – 2 goud/1silwer
- Jenovin Fortuin – 1 goud/1brons/ Fight Night silwer
(Deur: Wyndham Ewerts, Oudtshoorn Courant)