Highgate-Tweekamp op hande
Johan Windt, een van Eden se legendariese tweekamp-atlete in aksie. Foto: Wyndham Ewerts
01/02/2024
Die gewilde Highgate Interprovinsiale-tweekampbyeenkoms is op hande en word op 3 Februarie by die De Jager-sportkompleks se atletiekbaan en NA Smit-swembad op Oudtshoorn aangebied.
Hierdie byeenkoms lok jaarliks honderde atlete en swemmers van sewe provinsies en is naas die SA Kampioenskappe, die grootste tweekampbyeenkoms in Suid-Afrika.
Vanjaar se hoofborge sluit oudergewoonte die Wes-Kaapse departement van Kultuursake en Sport, Highgate-volstruisplaas, Oudtshoorn-munisipaliteit en Wimpy, sowel as ‘n paar sekondêre plaaslike borge in.
Volgens een van die organiseerders, Dave van der Walt, lewer hierdie byeenkoms ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die dorp en streek. Van die land se top atlete sal ook in aksie wees wat vir die SA Kampioenskappe voorberei wat later vanjaar in Bloemfontein sal plaasvind.
Vir meer inligting kan Dave van der Walt by
082 773 4901 of davesusvdw@gmail.com gekontak word.
(Deur: Wyndham Ewerts, Oudtshoorn Courant)