Jaarlikse Oudtshoorn Sportfees in Volle Swang
Die vonke gaan hierdie naweek spat by die Red Rock Raceway-baan net buite Oudtshoorn. Foto: Wyndham Ewerts
28/06/2024
Die jaarlikse sportfees is tans in volle gang. Die fees word jaarliks georganiseer deur die Oudtshoorn-munisipaliteit in samewerking met die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport (DKAS), die Oudtshoorn-sportraad, en die Eden-sportraad se provinsiale en streeksportfederasie.
Die Interprovinsiale Kickboxing International Challenge en die veerpyltjie-kampioenskappe is reeds suksesvol afgehandel.
Die datums vir die verskillende sportkodes is soos volg:
- 29 Junie – Klein-Karoo Ovaalbaan-kampioenskappe by die Arnold De Jager-ovaalbaan.
- 4 tot 7 Julie – SA-Jeugfietsry kampioenskappe by Colridge View, Highgate en ovaalbaan.
- 6 Julie – OLFA Top-8 Sokkertoernooi by die Dysselsdorp-sportterrein.
- 7 tot 14 Julie – Oudtshoorn netbalkampioenskappe by die Bridgton-sportterrein.
- 19 tot 20 Julie – Interprovinsiale Trips-toernooi by die Oudtshoorn-rolbalklub.
- 20 Julie – Nelson Mandela Day Soccer Challenge in Lategansvlei.
- 26 tot 27 Julie – Zibi-sewes-rugbytoernooi-Bridgton-sportterrein.
(Deur Wyndham Ewerts, Oudtshoorn Courant)