Oudtshoorn Rolbalklub se Trips-span wen Eden Distrik Liga-beker
Die wenners van die Mans Premierliga van die Oudtshoorn Rolbal-klub is van links: Marthinus Geldenhuys, Rudi Venter, Johan Saayman, Gideon van Vollenstee en Hennie Van Greunen. Foto: Verskaf
20/09/2024
Die Oudtshoorn Rolbalklub se mans Trips-span het verlede Saterdag die beker gewen nadat hulle die eindstryd van die Eden Distrik Liga-kompetisie in Groot Brakrivier oorwin het.
Vir die eerste keer in die klub se geskiedenis het een van hul spanne daarin geslaag om die Premierliga te wen. Hierdie prestasie is besonders, aangesien hulle teen spanne met volwaardige provinsiale spelers meegeding het.
Die Oudtshoorn-span is ook een van die tien spanne wat vir die 2025 Premierliga gekwalifiseer het. (Deur Lindi Brill, Die Hoorn)