Paasnaweek ’n sportfees by die Plate
Bo: Die Magic Roses-netbalspan van Oudtshoorn wat aan die toernooi deelgeneem het. Onder: Gysie Strydom van Impact Sport Events oorhandig die beker aan die kaptein van die Harlequins, Drewan Wagenaar. Foto’s: Lindi Brill & Verskaf
19/04/2024
Die Oudtshoorn Paasfees rugby- en netbaltoernooi is oor die paasnaweek deur Impact Sport Events by die Bridgton Sportgronde in Oudtshoorn aangebied.
Nege landelike en ses dorpspanne het aan die toernooi deelgeneem met Herotel as hoofborg vir die dag.
Die wenners van die rugbytoernooi se landelike spanne was die Rebels, met die Blue Birds wat tweede geëindig het. Die dorpspanne se wenners was die Harlequins, met die All Blacks RVK in die tweede plek.
Daar het altesaam tien spanne aan die netbaltoernooi deelgeneem, en dit is gewen deur die Dreamers van De Doorns.
Ongeveer 8 000 mense het oor die vier dae die toernooi bygewoon en volgens een van die organiseerders, Granwell Strydom, het die uitstekende samewerking van die klubs die toernooi se sukses gewaarborg. (Deur Lindi Brill, Die Hoorn)