Skole presteer by SA toutrek

Laerskool Wesbank - 400 kg - toutrekspan - Kimberley

Laerskool Wesbank se 400 kg-toutrekspan, wys trots hul brons medaljes by die SA Troutrekkampioenskappe, op Kimberley. Foto verskaf

Oudtshoorn skole het verlede naweek (15-16 Maart) uitstekend gevaar by die Suid-Afrikaanse Toutrekkampioenskappe, in Kimberley.

Laerskool Wesbank het twee brons medaljes verower en is 3de op die ranglys in Suid-Afrika.

Hulle het in die 230 kg- en 400 kg-kategorieë uitgeblink. Wat die prestasie so besonders maak is dat dit slegs die tweede jaar is wat die skool aan die SA Kampioenskappe deelneem.

Ludwig Swanepoel, een van die span se afrigters en ook ouer van een toutrekatleet het aan Die Hoorn gesê dat hulle baie trots op die spanne is.

Laerskool Wesbank - 320 kg gewigkategorie - SA-Troutrekkampioenskappe - Kimberley

Laerskool Wesbank se 230 kg- toutrek-span het derde geëindig tydens die SA Toutrek- kampioenskap-pe, wat verlede naweek op Kimberley plaasge-vind het. Die span spog behoorlik met hul medaljes op die foto. Foto verskaf

“Die kinders het baie hard gewerk die afgelope drie weke” vertel hy. Dit neem ongeveer drie jaar voordat ’n span begin medaljes wen, en hierdie kinders het dit na twee jaar vermag.

“Sommige van die kinders het vanjaar vir die eerste keer deelgeneem aan toutrek,” sê Swa-nepoel.

Hul is baie opgewonde oor wat voorlê vir die toutrekspanne van Laerskool Wesbank en dat die kinders besondere karakter openbaar het.

Wesbank se skoolhoof, Waldo Cloete beaam Swanepoel se sentiment.

“Ons skool is baie trots op hierdie kinders wat nie net hul beste gegee het nie, maar ook twee brons medaljes verower het. Hulle het beslis ons skool se naam hoog gehou.”

Laerskool Laurus - 320-kg gewigkategorie - SA-Troutrekkampioenskappe - Kimberley

Laerskool Laurus het 4de geëindig in die 320 kg-gewigkategorie by die SA Toutrekkampioenskappe. Foto verskaf

Laerskool Laurus het die Goue Plaat verower in die 320 kg-kategorie. Dit plaas hulle algeheel in Suid-Afrika in die 4de posisie.

Die skool se 280 kg-span het 7de geëindig en hul 360 kg-span 8ste.

Wayne Allen, een van die toutrekafrigters het sy trots teenoor sy span aan Die Hoorn uitgespreek.

“Ek het nie woorde vir hoe trots ek op die klomp seuns is nie. Hulle het karakter gewys wat meer werd is as al die diamante van Kimberley. Uitgeput en deur pyn het hulle nederig vir mekaar baklei op die tou,” sê hy.

Hy vertel verder dat die toer ’n fantastiese ervaring was wat hul nie gou sal vergeet nie.
“Mag die lewenslesse elkeen help met die pad vorentoe.

Ek gaan die groep toutrekkers ook baie mis wanneer hul volgende jaar hoërskool toe gaan.” sluit hy af.

SW Vorster, skoolhoof van Laurus sê dat hy baie trots is op hul toutrekspanne wat elke jaar vir ses maande hard geoefen het gedurende die week en naweke.

“Mens kan sien hoe goed die sport die leerders beïnvloed en ook hoe hulle selfdissipline implementeer, en dit oorspoel na hulle skoolwerk en ander sportsoorte,” vertel hy.

Hy wens elke kind baie geluk met hulle puik prestasie en sien uit na kwartaal vier wanneer hulle weer die tou gaan optel en deelneem.Oudtshoorn is trots op die kinders van elke skool wat so mooi presteer het en Oudtshoorn se naam hoog gehou het. 

(Deur Angelique Erasmus, Die Hoorn)