Bridgton-rugbyklub behaal groot oorwinnings teen All Blacks

Bridgton-rugbyklub

Nathan Jullies van die Bridgton-rugbyklub.

03/04/2026

Bridgton-rugbyklub het die afgelope naweek ’n sterk vertoning teen All Blacks gelewer, met al drie spanne wat oortuigende oorwinnings behaal het.

Die A-span het van die afskop af die tempo bepaal en teen rustyd reeds ’n gemaklike 18–3-voorsprong opgebou. Met gestruktureerde spel en sterk verdediging het Bridgton uiteindelik die wedstryd met 44–10 beklink.

Roden Jonkers, Ethan Myners en Bradwin Wanies het elk ’n drie gedruk, terwyl Ronaldo Jansen twee keer agter die doellyn gaan kuier het. Roberto Botha was akkuraat met die skopskoen en het ’n drie verdoel, asook twee strafskoppe oor die pale gejaag. Juvanno Jonatha het ook drie suksesvolle doelskoppe bygedra.

Die sukses het oorgespoel na die ander spanne. Bridgton se B-span het met ’n gestruktureerde vertoning ’n 21–10 sege behaal, terwyl die C-span hul teenstanders met ’n oortuigende 23–3 geklop het. (Liezl van Niekerk, Oudtshoorn Courant)