Bridgton-rugbyklub vier suksesvolle seisoen tydens jaareindfunksie
Ethan Myners, beste ontwikkelende speler saam met Johan Lerm. Foto’s: Garnett Wicomb
22/11/2024
Bridgton-rugbyklub het Vrydagaand hul jaarlikse jaareindfunksie in die banketsaal aangebied. Verskeie spelers en lede is tydens die spesiale geleentheid vir hul bydraes en prestasies vereer.
Die klub het ‘n sterk seisoen gehad en daarin geslaag om tot die halfeindronde van die Super A-liga in die SWD te vorder.
Gasspreker inspireer
Johan Lerm, voormalige afrigter van die SWD Arende, was die gasspreker. Hy het die klub gelukgewens met hul uitstekende vertoning in 2024 en hulle gemotiveer om harder te werk sodat die ligabeker in 2025 huis toe gebring kan word.
Uitsonderlike spelers en toekennings:
- Senior Sportman van die Jaar: Dehovinne Johannes
- Junior Sportman van die Jaar: El-therin Meintjies
- Spelers se Speler van die Jaar: Dehovinne Johannes, wat ook die toekenning ontvang het vir die meeste drieë in die seisoen.
- Beste Voorspeler van die Jaar: Marshal Prins
- Beste Agterspeler van die Jaar: Willem Jaftha
- Mees ontwikkelende speler: Ethan Myners
Speler van die Jaar: Ashwim Lucas
Spesiale erkenning
Benewens die spelers is spesiale toekennings ook aan die klub se ampsdraers oorhandig vir hul waardevolle bydraes gedurende die jaar. (Deur Oudtshoorn Courant)