Burgemeesters Sporttoekennings – Viering van Oudtshoorn se Sportsterre
Die genomineerdes vir die Burgemeesterstoekenning. Van Reede se trompoppiespan het die toekenning gewen.
13/12/2024
Die jaarlikse Burgemeesters Sporttoekennings het op 28 November in die banketsaal plaasgevind, waar Oudtshoorn se uitstaande sportsterre, afrigters en bestuurders vereer is vir hul merkwaardige prestasies.
Oudtshoorn se burgemeester, Johan Allers, het in sy toespraak die ekonomiese impak van sport beklemtoon: “Sport speel ’n belangrike rol in die dorp se ekonomie. Deelnemers neem deel aan toernooie, bly in gastehuise en ondersteun plaaslike restaurante. Terwyl die kinders aan sportaktiwiteite deelneem, besoek ouers toeriste-attraksies in en om Oudtshoorn.”
Die gasspreker van die aand was Deon Davids, hulpafrigter van die Springbokke. Hy het met sy inspirerende boodskap die jong sportsterre aangemoedig om hul drome na te streef.
Die wenners van die onderskeie kategorieë is as volg aangewys:
Laerskole:
- Span: Laerskool Wesbank se toutrekspan.
- Afrigter: Ronald Presher.
- Sportvrou: Chloe May.
- Sportman: Fourie Delport.
Hoërskole:
- Span: Langenhoven Gimnasium o.16 netbalspan.
- Afrigter: Meghan Presher
- Sportvrou: Payton Gerber.
- Sportman: Dwayne Kammies.
- Junior Sportvrou: Nadia van Jaarsveld.
- Junior Sportman: Dirk Harold Mostert.
- Persoon met gestremdheid: Brendolene Loff.
Senior Sporttoekennings:
- Span: Oudtshoorn Veerpyltjieklub.
- Bestuurder: Sonja Schultz.
- Afrigter: Ranger Grebe.
- Sportvrou: Annerie Dercksen.
- Sportman: Wian Grebe.
- Burgemeesterstoekenning: Van Reede Trompoppies.
(Deur LINDI BRILL, Die Hoorn)