Eden-straatmylreeks keer terug met Klein-Karoo Atletiek Fonds aan stuur

Klein-Karoo-straatmyl-2023

Atlete wat die vorige jaar aan die Klein-Karoo-straatmyl deelgeneem het.

15/11/2024

Die gewilde Eden-straatmylreeks word vanjaar weer aangebied deur die Klein-Karoo Atletiek Fonds (KKAF).

Die reeks bestaan uit twee dele: die Klein-Karoo-straatmyl wat in Oudtshoorn plaasvind en die ATKV-straatmyl wat in Hartenbos aangebied word.

Die eerste geleentheid, die Klein-Karoo-straatmyl, vind plaas op 16 Desember in Baron van Reedestraat, Oudtshoorn. Die reeks word op 18 Desember afgesluit met die ATKV-straatmyl in Hartenbos.

Nuwe toevoegings tot die straatmylreeks

  • Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit het toegetree en ondersteun die Klein-Karoo-straatmyl.
    • Sante Fe Spur is ook betrokke as ‘n gewaardeerde sekondêre borg.
  • Die Klein-Karoo-straatmyl op Oudtshoorn se roete word effe aangepas en eindig vanjaar voor die Sante Fe Spur in Baron van Reedestraat.
  • BoutTime gaan voortaan die inskrywings en uitslae hanteer deur middel van die RFID (Radio Frequency Identification)-stelsel wat die uitslae onmiddellik op verskeie platforms beskikbaar stel.

Pryse

Meer as R40 000 se prysgeld is op die spel.

Die Grand Prix-stelsel vorm deel van die reeks. Die mans- en vroueatleet wat die meeste punte oor die reeks verdien, ontvang aan die einde van die reeks die Grand Prix-trofee en prysgeld. Daar is ook ‘n prys vir die beste ASWD mans- en -vroueatleet.

Borge

  • Die hoofborge is NWU, ATKV Hartenbos, Wes-Kaap departement van kultuursake en sport en Groter Oudtshoorn-munisipaliteit.
  • Addisionele borgskappe en bystand word verleen deur Oudtshoorn Ford, Surval, Kleinplaas, Sante Fe Spur, ASWD, ASICS, TOP GEAR, EDENfm, Mosselbaai-munisipaliteit (burgemeesterskantoor) en natuurlik die vrywilligers!

Die straatmyle

Klein-Karoo-straatmyl

Die straatmyl begin op 16 Desember om 09:00 by Kleinplaas. Die program is as volg:

  • 09:00 Jong Talent: seuns en meisies (gebore 2010 – 2015)
  • 09:15 Youth Girls (gebore 2007 – 2009) en 40+ dames
  • 09:30 Jeugseuns (gebore 2007 – 2009) en 40+ mans
  • 09:45 Dames Ope en Junior Dames (gebore 2005 – 2006)
  • 10:00 Mans Ope en Junior Mans (gebore 2005 – 2006)
  • 10:30 Prysuitdeling – Santa Fé Spur

ATKV Straatmyl

Die straatmyl vind op 18 Desember in Hartenbos plaas en begin en eindig by Paardekraalstraat (Noord).

Program

  • 08:30 Jong Talent Meisies (gebore 2010 – 2015)
  • 08:45 Young Talent seuns (gebore 2010 – 2015)
  • 09:00 Youth Girls (gebore 2007 – 2009) en 40+ Dames
  • 09:15 Jeugseuns (gebore 2007 – 2009) en 40+ mans
  • 09:30 Dames Ope en Junior Dames (gebore 2005 – 2006)
  • 09:45 Mans Ope en Junior Mans (gebore 2005 – 2006)
  • 10:00 Fun Mile 50+ (geen toegangsfooi)
  • 10:30 Prysuitdeling

Ontwikkelingsprogram

Die Klein-Karoo Atletiekfonds (KKAF) nooi beginnersatlete uit om deel te neem aan hul programme. As deel van KKAF se ontwikkelingsinisiatief word daar, in samewerking met die Sportontwikkelingsdepartement van die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit en ervare atlete, op 17 Desember ‘n afrigtingskliniek in Oudtshoorn aangebied.

Besoek www.edenmiles.co.za of kyk op Facebook vir meer inligting oor inskrywings en die program. (Deur Liezl van Niekerk, Oudtshoorn Courant)