Feestelike atmosfeer by die 2024 Timbercity Sake-aflos

2024 Timbercity Sake-aflos

Die KKSP Office Ninjas wat die tweede plek in die Sake-aflos gewen het. Foto: Verskaf

Die jaarlikse Timbercity Sake-aflos het verlede Donderdagaand voor die Spur in Baron van Reedestraat in Oudtshoorn plaasgevind.

Soos al die jare vantevore was hierdie byeenkoms weereens ’n groot sukses en het Baron van Reedestraat in Oudtshoorn ingekleur met hope pret en spangees.

Altesaam 68 spanne het deelgeneem.

Die uitslae van die aand was as volg:

  • Primêre Skole-aflos: Bongolethu Primêr (1ste); Van Reede Rugby (2de); Wesbank Seuns (3de) en Wesbank Dogters (4de).
  • Gemengde spanne-aflos: Cheetah 1 (1ste); Cheetah 2 (2de); Gimmie mix (3de) en Heal 2 Win (4de).
  • Mans: Team PUFfeR (1 ste); Team Q (2de); Die Vinnige Volstruise (3de) en Oudtshoorn Vlerkies (4de).
  • Dames: Power Puffs (1ste); Gimmie Girls (2de) en Struisies (3de).
  • Hoërskool spanne: Oudtshoorn School of Skills (1ste); Eljada Kairos (2de); Oudtshoorn School of Skills I (3de) en Van Reede o.15 Krieket (4de).
  • Besigheid spanne-aflos: Spur (1ste); KKSP Office Ninjas (2de); Wildlife Warriors 4 (3de) en Agrofors Wildehonde (4de).

KKAF bedank al die borge wat betrokke was om die dag ’n sukses te maak.

“Sonder julle kan ons dit nie doen nie!” (Deur Lindi Brill, Die Hoorn)