Harlequins wen Paastoernooi 2025 in Oudtshoorn

Landslied sing bring hulde by Paastoernooi 2025-finaal. Foto: Louise Mouton
25/04/2025
Die Paasnaweek-toernooi, wat van 17 tot 21 April op die Bridgton-sportterrein in Oudtshoorn plaasgevind het, is deur Impact Sport Events aangebied en het opnuut gemeenskapsamehorigheid en sportgees onder plaaslike inwoners en besoekers bevorder.
Harlequins-rugbyklub het vir die tweede agtereenvolgende jaar as die algehele wenners uit die stryd getree. In die eindstryd het hulle ‘n oortuigende oorwinning van 26–16 behaal teen All Blacks RFC.
Altesaam agt rugbyklubs en tien netbalspanne het aan die toernooi deelgeneem. Die rugbyklubs was: Oudtshoorn RFC, All Blacks RVK, Spring Roses, Harlequins, Collegians, Hampshire (Graaff-Reinet), Villagers (Worcester) en Barbarians.
By die skole-afdeling het Bridgton Sekondêr, Hoërskool Môrester, Protea Sekondêr en Aurial College meegeding.
’n Spesiale o.13-ontwikkelingskliniek is op Saterdag aangebied deur Jerome Jantjies. Die kliniek het jong spelers die geleentheid gebied om belangrike vaardighede aan te leer en hul spel te verbeter.
Die program is op Sondag afgesluit met ’n Gospel Extravaganza, wat bygedra het tot ’n feestelike atmosfeer en die gevoel van gemeenskapsverbondenheid verder versterk het.
Paasnaweek-toernooi 2025 Rugbyuitslae:
Dag 1:
- Oudtshoorn RFC 5 – 40 Harlequins
- Collegians 6 -18 Spring Roses
- Hampshires RFC 17 – 22 All Blacks RFC
Dag 2:
- Aurial Kollege 24 – 5 Bridgton Sekondêr
- Hoërskool Môrester 7 – 5 Hoërskool Protea
- Spring Roses 3 – 15 All Blacks RFC
- Hampshire 17 – 0 Oudtshoorn RFC
- Harlequins 47 – 31 Collegians
Eindstryd-uitslae:
- Protea Sekondêr 13 – 12 Bridgton Sekondêr
- Hoërskool Môrester 5 – 8 Aurial Kollege
- Spring Roses 17 – 27 Hampshires
- Harlequins 26 – 16 All Blacks RFC
(Deur Louise Mouton, Oudtshoorn Courant)