Highgate 2024 Tweekamp ’n groot sukses
Highgate 2024 Tweekamp
Die Highgate Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms wat verlede naweek in Oudtshoorn aangebied was by die De Jagers Sportkompleks en die NA Smit swembad, was weereens ’n groot sukses. Foto: Verskaf
15/02/2024
Die 31 ste DCAS/Groter Oudtshoorn/Highgate Interprovinsiale Twee-kampbyeenkoms wat gehou was op 3 Februarie op Oudtshoorn, was ten spyte van die erge hitte, weereens ‘n groot sukses.
Meer as 540 atlete van 7 provinsies het deelgeneem. Westelike Provinsie het die spankompetisie gewen met Boland tweede en EDEN in die derde plek.
In die hoërskole kompetisie het Durbanville die eerste plek gewen, Outeniqua was in die tweede plek en Framesby derde. Laerskool Paarl Gim wen die laerskolekompetisie gevolg deur Kenridge en George-Suid.
Johan Windt is aangewys as die tweede beste atleet van die byeenkoms. Eden Tweekamp spog met nie minder nie as 15 medaljes waarvan 4 goud, 7 silwer en 4 brons!
Eden se medaljewenners was Jun M Joshua Vorster (Silwer), MM40 Marsel Roos (Goud), MM50 Gavin Gericke (Silwer), Herman Spangenberg (Brons), MD60 Anita Louw (Silwer), MM60 Cliff Walace (Silwer), MM70 Johan Windt (Goud).
(Deur: DIE HOORN, OUDTSHOORN)