Honderde trotseer Meiringspoort Challenge ten spyte van reën
Honderde atlete van heinde en verre het Vrydag en Saterdag (19 en 20 Mei) die Meiringspoort Trail Run & MTB Challenge trotseer ten spyte van reënweer vroeër die week wat veroorsaak het dat drie van vyf roetes die Vrydag verander en oorgewerk moes word. Die wenners van die uitdaging se verskeie items was Ben Melt Swanepoel (mans 61,5 km bergfietsren, regs), Oudtshoorn se Yolande de Villiers (vroue 61,5 km bergfietsren), Tian Diedericks (mans 38 km bergfietsren), Anine Koch (vroue 38 km bergfietsren, onder regs), Noel Bell (mans 19,5 km berg- fietsren), Oudtshoorniet Anderson Ncube (mans 25 km “trail run”, onder), Melissa van Rensburg (vroue 25 km “trail run”), Lloyd Bosman (mans 9,5 km “trail run”) en Jeanne-Marie Eksteen (vroue 9,5 km “trail run”). Francois Maquassa en Van Rensburg is as “King and Queen of the Mountain” gekroon vir hul prestasie in die 25 km “trail run”.
Foto: Meiringspoort Challenge Facebook-blad
Foto: Meiringspoort Challenge Facebook-blad