Klein Karoo Dust 4 Glory 2025 lok honderde deelnemers landwyd

Dust-for-glory

Foto verskaf

24/10/2025

Die sesde Klein Karoo Dust 4 Glory 2025 het onlangs by Wilgewandel Vakansieplaas plaasgevind en het deelnemers van regoor Suid-Afrika gelok. Meer as 400 atlete het deelgeneem aan die uitdagende hindernisbaan, wat verskeie aktiwiteite ingesluit het soos om onder nette deur te kruip, oor waterhindernisse te swaai en oor mure te spring.

Die geleentheid is georganiseer deur Pienaar Muller, stigter van Dust 4 Glory, in samewerking met Juan Botes van Chaingang Events. Volgens hulle groei die gebeurtenis elke jaar in gewildheid en trek dit nie net die deelnemers terug nie, maar ook hul families en ondersteuners.

Muller het sy dank uitgespreek teenoor al die borge wat die sukses van die dag moontlik gemaak het. Die volgende Dust 4 Glory-uitdaging is reeds geskeduleer vir 17 Oktober 2026. Die wenners van die 2025-byeenkoms is intussen aangekondig.

D4G Pro Mans:

1. Tom Liebenberg
2. Daniel Hughes
3. Juan-Dre du Plooy

D4G Pro Vrouens:

1. Angi Connoway
2. Nathaline Smith
3. Chane Spangenberg

D4G Medium Mans:

1. Matthew Olivier
2. Ethan Voight
3. Jacques Smith

D4G Medium Vrouens:

1. Chantell van der Nest
2. Stephanie Griffiths
3. Sjanrie Hendrikz

(Deur Die Hoorn)