Klein-Karoo-straatmyl 2025 – Vyf rekords en droommyle

Klein-Karoo-straatmyl 2025

Junior- en opemans spring weg by die Klein-Karoo-straatmyl 2025. 

19/12/2025

Die Klein-Karoo-straatmyl het op Dinsdag 16 Desember 2025 vir besonderse atletiekprestasies gesorg toe vyf nuwe Klein-Karoo-rekords opgestel is. Boonop het die eerste vier atlete in die ope mansafdeling elk ’n droommyl van onder vier minute voltooi.

Die Klein-Karoo-straatmyl vorm deel van die Eden-straatmylreeks, wat uit drie wedlope bestaan wat in George, Oudtshoorn en Hartenbos aangebied word. Die George-straatmyl het die voorafgaande naweek plaasgevind, terwyl die Hartenbos-straatmyl op 18 Desember aangebied is.

Die eerste rekord van die aand is verbeter deur Chanane Barnard (14) van Hoërskool Zwatkop, wat die myl in ’n tyd van 5:02:15 voltooi het. Kort daarna is ’n tweede rekord opgestel toe Tristan Meyer (14) van SWD die seunswedloop in 4:35:36 gewen het.

Nog twee rekords is in die jeugafdelings gebreek. Annabelle McEwan (16) van Outeniqua Harriers het die jeugdogtersrekord verbeter met ’n tyd van 5:06:50, terwyl Jac du Plessis (16) van Boxer Atletiekklub die jeugseunsrekord opgestel het met ’n tyd van 4:09:79.

Die vyfde rekord is opgestel deur Andrea Steynberg (18) van Potchefstroom. Sy het in die junior vroueafdeling deelgeneem, maar met haar tyd van 4:38:32 ook die ope vrouerekord verbeter.

In die ope mansafdeling het Keanu Domingo van Potchefstroom die wedloop gewen met ’n wentyd van 3:53:29, slegs 0,29 sekondes buite die bestaande rekord. Hy is gevolg deur Jansen Bell (3:58:05), Matthew Endrody (3:58:71) en Corné de Fouw (3:59:50), wat almal die myl in minder as vier minute voltooi het. 

Die eerste drie plekke in elke ouderdomsgroep was as volg:

  • Jong talent meisies: Chanene Barnard (5:02:15), Miane de Clerq (5:14:01) en Anika Botha (5:22:82)
  • Jong talent seuns: Tristan Meyer (4:35:36), Tyroyd Arendse (4:36:51) en Llewelyn Viljoen (4:47:19)
  • Jeug meisies: Annabelle Mcewan (5:06:50), Jani Fourie (5:22:23) en Caitlyn Cawood (5:22:81)
  • Jeug seuns: Jac du Plessis (4:09:79), Wilmark Daniels (4:15:92) en Le Roux Terblanche (4:19:12)
  • Junior vroue: Andrea Steynberg (4:38:32) en Alri Verster (4:54:92)
    Junior mans: Thinus Erasmus (4:01:06), Beyon Prins (4:12:79) en Luwellyn du Toit (4:23:51)
  • Vroue 40+: Seanette Botha (6:51:11) en Marianda Coetzee (10:33:39)
  • Mans 40+: Jan Meyer (4:52:78), Eduard Ellis (5:16:83) en Naas du Preez (5:34:97)
  • Vroue ope: Andrea Steynberg (4:38:32), Alri Verster (4:54:92) en Jessica Berry (4:57:76)
  • Mans ope: (Vier eerste plekke was almal droommyle) Keanu Domingo (3:53:29), Jansen Bell (3:58:05), Matthew Endrody (3:58:71) en Corné de Fouw (3:59:50) .

(Deur Hannes Visser, Oudtshoorn Courant)