Lategansvlei ontvang ere-toekening vir sport-uitnemendheid van Duitsland

Anel Berry - Roberto Opitz - Dario Urbanski - Luzet Reuter

Van links is Anel Berry, Roberto Opitz, Dario Urbanski en Luzet Reuter. Foto verskaf 

07/02/2024

Spekbos-inwoners in Lategansvlei, Dario Urbanksi en Luzet Reuter, het verlede week ‘n eretoekenning van Berlyn (Duitsland) vir sportuitnemendheid ontvang wat deur Roberto Opitz van Unionstifting Berlyn oorhandig is.

‘n Filmspan van Duitsland, Hallo Duitsland – ZDF, was ook teenwoordig vir hierdie spesiale geleentheid.

Tesame met hierdie toekenning het Urbanski ‘n sokkertoernooi vir die jeug-sokkerspanne gereel waaraan vier spanne van Oudtshoorn deelgeneem het.

Die toekenning het ondermeer die suksesverhale van die Alte Försterei 2-sokkerveldprojek in Lategansvlei vereer.

Hierdie sokkerprojek bestaan sedert 2010 en word sedertdien deur sokkeraanhangers van Duitsland gefinansier. FC Union Berlin Bundesliga-sokkerklub in Duitsland, het ‘n groot rol gespeel in die konstruksie van die sokkerstadion.

Een van die projek se groot en jarelange ondersteuners, Anel Berry, was ook teenwoordig.

Urbanksi het al die rolspelers bedank wat gehelp het om die dag vir die kinders onvergeetlik te maak.

(Deur: Wyndham Ewerts, Oudtshoorn Courant)