Opwindende Seisoene Vir Eden Tweekamp in 2025 en 2026 in Oudtshoorn

SWD-atlete-SA Kampioenskappe-Bloemfontein-2024

Die SWD-atlete by die SA Kampioenskappe op Bloemfontein in Maart 2024. Foto: Verskaf

24/05/2024

’n Besige paar seisoene lê voor vir Eden Tweekamp in 2025 en 2026 in Oudtshoorn.

SA Tweekamp het die SA Tweekamp-kampioenskappe vir beide 2025 en 2026 aan Eden toegeken.

Dit word spesifiek op Oudtshoorn aangebied omdat die dorp kan spog met ideale sportfasiliteite vir tweekamp, asook die billike en beskikbare akkommodasie, aangename weersomstandighede en puik toerisme-aantreklikhede.

Voeg daarby die gerekende sportadministrateurs en die uitstekende geleentheidsbestuurinstansies, is dit ’n wenresep vir hierdie nasionale byeenkomste.

Die datum vir 2025 se SA Kampioenskappe is vasgestel op 21-22 Maart, waaraan 14 provinsies van oor die hele land gaan kom deelneem. (Deur Lindi Brill, Die Hoorn)