Oudtshoorn Elephants junior binnenshuise hokkietoernooi

Oudtshoorn Elephants junior binnenshuise hokkietoernooi

Oudtshoorn Elephants Indoor Hockeyklub se spelers het verlede Vrydag se oefensessie by die De Jager Sportkompleks voltooi. Foto: Verskaf

09/08/2024

Die Oudtshoorn Elephants se binnenshuise junior hokkietoernooi vind plaas op Saterdag, 23 Augustus by die De Jager Sportkompleks.

Hokkiespelers tussen die ouderdomme van o.13 en o.18 word uitgenooi om deel te neem teen ‘n inskrywingsfooi van R100 per speler. Hierdie fooi sal gebruik word om die koste van mediese noodhulp, skeidsregters en ander personeel te dek.

Fevaplay het aangekondig dat hulle twee spanne met talentvolle kinders van regoor die Eden-streek gaan inskryf, met die doel om die ontwikkeling van binnenshuise hokkievaardighede te bevorder en Tennockey bekend te stel.

Charné Dalton, hoofafrigter van die Oudtshoorn Elephants, het benadruk dat spelers van enige skool welkom is om aan die toernooi deel te neem en die dag te geniet. “Die toernooi sal in spanformaat aangebied word, maar individuele spelers is ook welkom,” het sy gesê.

Inskrywings kan gedoen word deur die skakel www.princesshockey.co.za/clinics te volg. Bankbesonderhede vir elektroniese betaling sal aan die einde van die inskrywingsvorm verskaf word.

(Deur Lindi Brill, Die Hoorn)