Oudtshoorn Gasheer vir Spanne by Klein Karoo Kampioenskappe 2024

Klein-Karoo-Kampioenskappe-2024-Arnold de Jager-Ovaalbaan

Bo: Oudtshoorn se ovaalbaan vanuit die lug. Foto: verskaf

6/07/2024

Die 28ste Klein Karoo Kampioenskappe het op Saterdag, 29 Junie 2024, by die Arnold de Jager Ovaalbaan net buite Oudtshoorn plaasgevind.

Soos tradisie getrou, is die gewilde ren deur Richard Griessen Repairs as hoofborg en die Oudtshoorn Motorklub aangebied.

‘n Totaal van 140 motors van nege verskillende klubs regoor die land het aan die 16 klasse deelgeneem. Soos voorspel, het die bande by die draaie geskreeu, rook getrek, en die rooi Klein Karoo stof het opgestaan tydens elke aksiebelaaide rondte.

Die 1 800 aanhangers het so hard gejuig dat die kranse die eggo beantwoord het, en die brullende motorenjins kon tot in die middedorp van Oudtshoorn gehoor word tot ongeveer 23:00.

Ongelukkig was daar ook ‘n paar motors wat die muur getref het, waarvan Hansie Moore se motor tydens die finale ronde van die Hotrods deur die lug gevlieg het nadat daar kontak tussen twee motors was.

Sy motor het op sy dak tot stilstand gekom teen die veiligheidsheining. Volgens inligting is niemand ernstig in die voorval beseer nie.

Toeskouers het ligte beserings opgedoen, en ‘n paar is na die plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.

Wilna Moore, Hansie Moore se vrou, het op Facebook gesê dat haar man se lyf seer is nadat sy motor deur die lug getol het, maar dat sy hart nog seerder is oor die skade aan sy motor.

’n Fondsinsamelingsprojek is geloods om Moore te help met die koste aan sy renmotor. Besoek gerus Mariska De Wet se Facebookblad vir meer inligting of om by te dra.

“Vreeslik dankie vir almal se gebede, oproepe, boodskappe, omgee en drukkies. Ons waardeer dit so baie!” lui die inskrywing verder.

Afgesien van die ongeluk, was die ren steeds soos elke jaar ’n groot trekpleister vir toeskouers van regoor die land en ’n groot sukses.

Die Hotrods

Die Hotrods maak hul reg vir die 3de uitdun Foto: Tony Camacho

Hier is die Klein Karoo Kampioenskappe wenners:

Mini

  1. Chayton Collins – Oos-Londen

RWD Rookies

  1. Gerrit du Plessis – Oudtshoorn
  2. Tania Scott – Oudtshoorn
  3. Bian Henning – Worcester

Pinkstocks

  1. Leane Valentyn – Kaapstad
  2. Annique van Eeden – Kaapstad
  3. Chante Elford – Oudtshoorn

Pinkrods

  1. Charne Schuin – Port Elizabeth
  2. Mia Ellis – Worcester
  3. Rebecca vd Westhuizen –
    Oos-Londen

Pink Divas

  1. Kelly Dowling – Port Elizabeth
  2. Sandra Bekker – Saldanha
  3. Marilie Brits – Port Elizabeth

1600 Saloons Klas A

  1. Llewellyn Kotze – Worcester
  2. Jacques du Plessis – Worcester
  3. William Grey – Worcester

1600 Saloons Klas B

  1. Nandor Kleywecht – Port Elizabeth
  2. Keegan Ellard – Port Elizabeth
  3. Ruben Barnard – Port Elizabeth

JNR Hotrods

  1. JP du Plessis – Oudtshoorn
  2. Waldo van Dyk – Worcester
  3. Jaden Brand – Worcester
    Midgets Klas A
  4. Schalk Swart – Worcester
  5. Eugene Gelderblom – Worcester
  6. Ruan Slabber – Bloemfontein

Midgets Klas B

  1. Yolandi Venter – Bloemfontein
  2. JP van Niekerk – Bloemfontein

V8 Sprints

  1. Kenny Gouws – Saldanha
  2. Graham Parkins – Saldanha
  3. Daleen Gouws – Saldanha

1660’s Sedan Motors

  1. Tersius van Tonder – Worcester
  2. Arno van Wyk – Oudtshoorn
  3. Francois Engelbrecht – Port Elizabeth

2.1 Sedan Motors

  1. Henties de Villiers – Oudtshoorn
  2. Damon Miles – Port Elizabeth
  3. Olla Daniels – Worcester

Heavy Metals

  1. Zack Groenewald – Kaapstad
  2. Marco Barnard – George
  3. Leno Muller – Oudtshoorn

Lexus V8’s

  1. Jaco Maass – Bloemfontein
  2. Susan Breytenbach – Bloemfontein

V8’s

  1. Manfred Oehl – Worcester
  2. Juan Roesstorff – Port Elizabeth
  3. Lucius Fourie – Oudtshoorn

(Deur: Die Hoorn )