Oudtshoorn jaag na podium by die Dirt Karting-byeenkoms

Dirt Karting-byeenkoms

Bo links: HJ Botha in aksie en onder links: Stian Steyn vinnig om ’n draai Foto’s verskaf Foto regs: Agter van links Juan Steyn, HJ Botha, Berto Nel, en Stian Steyn. Voor sit Bendré le Roux Foto verskaf Foto verskaf

04/04/2025

Tydens die Easter on Dirt karting-byeenkoms wat op Saterdag, 29 Maart in George plaasgevind het, het vier deelnemers van Oudtshoorn podiumplekke behaal.

HJ Botha het die eerste plek verower in die 160/200-kategorie, terwyl Juan Steyn bo uitgekom het in die Open Class. Sy broer, Stian Steyn, het ook ’n podiumposisie behaal, en Berto Nel het tweede geëindig in die 390 Mods-afdeling.

Die volgende byeenkoms, bekend as die George Winter Stinger, vind op 24 Mei 2025 plaas in George.

Bendré le Roux het die “Bad Luck”-trofee ontvang nadat haar motor tweemaal in ongelukke betrokke was — albei kere is die motor herstel en weer aan die renne deelgeneem.

Karting-aanhangers kan uitsien daarna om later vanjaar hierdie opwindende motorsport-aksie ook op Oudtshoorn te beleef.

(DEUR ANGELIQUE ERASMUS, DIE HOORN)