Plaaslike Atlete behaal Top Plekke in Red Stone Hills Trail Run

Donovan Afrika (links) het 2de gekom en Emauel Kiewiets (regs) het 3de. In die middel is die wenner, Francois Maquassa. Foto: Verskaf
17/05/2024
Johan April en Anderson Ncube, twee plaaslike atlete van Oudtshoorn, het ‘n oefengroep vir atlete van Bongolethu Primêr gestig.
Hierdie groep atlete is deur die Klein Karoo Atletiekfonds geborg om deel te neem aan die Red Stone Hills Trail Run, wat die afgelope naweek plaasgevind het.
Twee van die atlete, Donovan Afrika en Emauel Kiewiets, het onderskeidelik die tweede en derde plek in die 16 km wedloop behaal.
“Ons as afrigters is uiters trots op die atlete en die harde werk wat hulle insit,” het April aan Die Hoorn gesê. (Deur Lindi Brill, Die Hoorn)