Rekordgetal Atlete Skitter by 2024 Klein-Karoo Straatmyl
Atlete by die wegspringpunt. Foto: Louise Mouton
20/12/2024
Die Klein-Karoo Straatmyl, wat op Maandagoggend, 16 Desember, in Baron van Reedestraat plaasgevind het, het as voorspel tot die gewilde Eden-straatmylreeks gedien en talle toeskouers gelok. Atlete het in ideale weersomstandighede deelgeneem en indrukwekkende prestasies gelewer, met ‘n rekordgetal van 135 deelnemers.
Die hoogtepunt van die dag was die mans ope-myl, waar vier hardlopers daarin geslaag het om die 4-minuut-grens te breek. Keanu Domingo van Potch Track Club het met ’n wen-tyd van 3:53.5 eerste geëindig. Die wedloop het met ‘n gematigde tempo begin, met die halfpadmerk wat in net meer as twee minute bereik is. Daarna het die voorste groep versnel en ’n spanningsvolle eindfase gelewer.
Die uitstaande prestasie van die dag was dié van die 17-jarige Thinus Erasmus van Hoërskool Outeniqua in George. Erasmus, wat nog in die jeugkategorie deelneem, het besluit om in die mans ope-kategorie mee te ding om sterker kompetisie te ervaar. Hierdie strategie het vrugte afgewerp toe hy ‘n tyd van 3:57.3 aangeteken het – ‘n verbetering van 12 sekondes op sy vorige beste tyd.
In die meisie jeugkategorie het Andrea Steynberg van Potch Track Club ook uitgestaan deur Danielle Verster se 2019-rekord van 4:50.89 tot 4:48.5 te verbeter, wat ’n besonderse prestasie was.
Die straatmyl was ‘n voorloper vir die ATKV-straatmyl. Die inisiatief word aangebied deur die KKAF (Klein Karoo Atletiek Fonds).
Uitslae:
Jeug meisies (2007-2009)
1. Andrea Steynberg, Potch Track Club, 00:04:48.5
2. Luca de Waal, Hoërskool Zwartkop, 00:05:06.6
3. Annabelle Mcewan, Outeniqua Harriers 00:05:15.1
Jeug seuns (2007 – 2009)
1. Bertus van der Linde, Potch Track Club , 00:04:13.1
2. Jac du Plessis, Outeniqua Harriers, 00:04:17.9
3. Daniël van Zyl, Boxer Ac, 00:04:26.4
Jong talent ID meisies (2010 – 2015)
1. Anneke Steynberg, Hoërskool Menlopark, 00:05:17.2
2. Chanene Barnard, Hoërskool Zwartkop, 00:05:24.4
3. Rouvé Janse van Rensburg, Orange Meisieskool Bloemfontein, 00:05:30.2
Jong talent ID seuns (2010 – 2015)
1. Rosco Hutchinson, Port Alfred Junior Secondary School, 00:04:48.3
2. Tyroyd Arendse, 00:04:52.4
3. Leon Machina, Port Alfred Junior Secondary School, 00:04:54.1
Mans ope
1. Keanu Domingo, Potch Track Club, 00:03:53.5
2. Elvis Mokhonoana, Backtrack Club, 00:03:56.1
3. Kwazi Nogcantsi, Tut AC, 00:03:59.1
Dames ope
1. Michaela Oosthuizen, Tuc AC, 00:04:58.6
2. Jandrie Snyders, Hartenbos Drawwers, 00:05:12.6
3. Simoné de Wet, Tuc AC, 00:05:36.5
Junior Mans (2005 – 2006)
1. Thinus Erasmus, Tuc AC, 00:03:57.3
2. Brendan Wessels, Maties Stellenbosch AC, 00:04:07.6
3. Matthew van Coller, 00:04:09.0
Junior Dames (2005 – 2006)
1. Erna-Marie Conradie, Paarl AC, 00:05:02.4
2. Micke Janse van Rensburg, Boxer AC, 00:05:22.5
40+ Mans
1. Gawie Van Jaarsveld, Kempton Road Runners, 00:05:09.9
2. Thinus Oelofse, Outeniqua Harriers, 00:05:35.2
3. Johannes Jordaan, 00:05:43.4
40+ Vroue
Seanette Botha, 00:06:46.1
(Deur Louise Mouton, Oudtshoorn Courant)