SA Meestersatletiek 2025 byeenkoms in Oudtshoorn

SA Meestersatletiek 2025 byeenkoms in Oudtshoorn. Foto: Abraham Hendriks
16/05/2025
Die Suid-Afrikaanse Meestersatletiekkampioenskappe is van Donderdag 1 Mei tot Saterdag 3 Mei op die tartanbaan in Oudtshoorn aangebied.
Atlete van regoor Suid-Afrika, sowel as van lande soos Amerika, Nieu-Seeland, Nigerië en Namibië, het aan die byeenkoms deelgeneem. Die kampioenskappe het ’n verskeidenheid baan- en velditems ingesluit.
Deelnemers kompeteer in vyfjaar-ouderdomsgroepe, vanaf 35 tot 100 jaar. Vanjaar is daar altesaam sowat 1 400 items ingeskryf deur 400 atlete. Die koeler weersomstandighede het gunstig bygedra tot die gladde verloop van die byeenkoms.
Die oudste deelnemer was 87 jaar oud. ’n Merkwaardige prestasie is behaal deur Gill Tregenna (83), wat die rekord in die 20 km-stap vir vroue in die ouderdomskategorie 80–85 verbeter het met ’n tyd van 02:39:07. (Deur Die Hoorn)