SA Streekkampioenskappe – Fish Eagle Aquatics tweede plek

SA Streekkampioenskappe - Oudtshoorn

SA Streekkampioenskappe in Oudtshoorn.
Foto: Louise Mouton

12/03/2026

Die NA Smit-swembad in Oudtshoorn was die afgelope naweek die toneel van die SA Streekkampioenskappe, waar 445 swemmers van altesaam 42 spanne deelgeneem het. Die deelnemers het die Wes- en Oos-Kaap verteenwoordig.

Oudtshoorn se plaaslike swemklub, Fish Eagle Aquatics, het tydens die kampioenskappe ’n totaal van 657 punte ingesamel en daarmee ’n tweede plek op die punteleer behaal.

Die vrouespan het 321 punte tot die totaal bygedra, terwyl die manspan 336 punte ingesamel het. (Deur Louise Mouton, Oudtshoorn Courant)

SA Streekkampioenskappe Uitslae:

Spanuitslae, vroue

1. Curro Aquatic Swim Club – 567 punte

2. Ultimate Swim Club – 411 punte

3. Port Elizabeth Amateur Swimming – 368 punte

4. Fish Eagle Aquatics (Oudtshoorn) – 321 punte

Spanuitslae, mans

1. Curro Aquatic Swim Club – 507 punte

2. Helderberg Titans Swimming Academy – 396 punte

3. Barracudas Aquarama SC – 341.50 punte

4. Fish Eagle Aquatics (Oudtshoorn) – 336 punte

Gekombineerde spanuitslae

1. Curro Aquatic Swim Club – 1 074 punte

2. Fish Eagle Aquatics (Oudtshoorn) – 657 punte

3. Port Elizabeth Amateur Swimming – 655 punte

4. Helderberg Titans Swimming Academy – 626 punte

5. Cape Town Otters – 493 punte

Individuele punte, vroue

(Oudtshoorn-span, Fish Eagle Aquatics)

7. Dune Haasbroek (15), 88 punte

12. Leane Swanepoel (15), 68 punte

72. Line Schoeman (13), 24 punte

92. Roshelle van Niekerk (15), 16 punte

95. Hesmari Mac Robert (14), 14 punte

108. Mia Venter (14), 10 punte

147. Leah de Wet (10), 1 punt

Individuele punte, mans

(Oudtshoorn-span, Fish Eagle Aquatics)

13. Leroux Brandt (13), 72 punte

43. Lihan Grobbelaar (13), 43 punte

46. Markus van Schoor (12), 40 punte

87. Roelof Matthee (15), 14 punte

93. Mason Theron (11), 12 punte

98. Pienaar Muller (11), 10 punte

104. Juvan Hendriks (13), 9 punte

112. John Lange (12), 6 punte

119. Noah Oosthuizen (10), 4 punte.