Sportfederasies kry R3,8m hupstoot van departement

Stephnie McKay, voorsitter, Ricardo McKenzie, Wes-Kaapse minister sport, kuns en kultuur, Dave van der Walt, operasionele bestuurder en Mariano Essau, Ontwikkeling en Transformasie. Foto verskaf
06/06/2025
Altesaam 33 sportfederasies, insluitend die Eden-sportraad, het op Woensdag 15 Mei finansiële ondersteuning van R3 885 000 van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur ontvang. Die fondse is tydens ’n formele geleentheid deur minister Ricardo McKenzie oorhandig.
Volgens Dave van der Walt, operasionele bestuurder van Eden-tweekamp, is Eden een van slegs twee sportrade in die Wes-Kaap wat 100% verslagdoening aan die departement kon lewer. Die minister het Eden se federasies vir hierdie prestasie geloof.
Benewens die finansiële bydrae, het sommige van die federasies ook sporttoerusting ontvang as deel van die departement se klubontwikkelingsprogram. (Deur Louise Mouton, Oudtshoorn Courant)