Timbercity Sake-aflos word eersdaags weer gehou in Baron van Reede

Timbercity Sake-aflos - Oudtshoorn

Die immergewilde Timbercity Sake-aflos vind weer die jaar plaas op Donderdag, 7 Maart voor die Spur in Baron van Reede. Foto: Die Hoorn argiewe

29/02/2024

Dit is weer tyd vir die immer gewilde Timbercity Sake-aflos wat op Donderdag, 7 Maart deur die Klein Karoo Atletiek Federasie (KKAF) in Oudtshoorn aangebied word.

Hierdie gemeenskapsprojek kom al oor jare en is ‘n poging deur die KKAF om die groter gemeenskap van Oudtshoorn te betrek om inklusiwiteit en diversiteit te bevorder. Verlede jaar het nie minder nie as 72 spanne deelgeneem – skole, besighede, landbou, weermag, hospitale, mediese praktyke, restaurante – almal wat kan draf of stap.

Dit vind in Baron van Reede plaas en begin voor die Sante Fe Spur om 18:00. Inskrywings kan aanlyn gedoen word.

Die wenspanne word vereer met goue medaljes, maar daar word ook vir elke deelnemer ’n deelnemers medalje gegee. Daar gaan ook pret pryse en gelukkige trekkings wees.

Inligting en inskrywings vorms kan gekry word by www.jakhalsevents.co.za of Dave Van Der Walt kan geskakel word by 082 773 4901. (Deur Lindi Brill, Die Hoorn )