Trompoppie-kampioenskap in Oudtshoorn

Trompoppie-kampioenskap-Oudtshoorn

Van Reede se Trompoppies is in 2024 as die SAMCA Nasionale Kampioene gekroon. Hulle het ook die eerste plek verower by die MWF Wêreldkampioenskappe. Foto: verskaf

04/07/2025

Die afgelope week is die sportveld op die Oudtshoorn Rec-gronde voorberei vir ’n groot sportgeleentheid en het begin lyk soos die terrein van ’n mini-KKNK.

Verskeie tente is sedert Maandag opgerig as deel van die voorbereidings vir een van die belangrikste items op die kalender van die Oudtshoorn Sportfees, wat reeds verlede maand afgeskop het.

Die nasionale trompoppie-kampioenskappe van die South African Majorette and Cheerleading Association (SAMCA) vind vanaf vandag, Vrydag 4 Julie, plaas en duur tot Saterdag 12 Julie. Hierdie weeklange byeenkoms bring meer as 3 000 besoekers na die dorp, insluitend deelnemers van trompoppie- en rasieleierspanne van regoor Suid-Afrika.

Die daaglikse program sluit vertonings in wat selfs op Sondag sal voortgaan, met die finaal wat op Saterdag 12 Julie plaasvind. Kaartjies is beskikbaar vir die publiek wat hierdie kleurryke en dinamiese sport wil bywoon.

Volgens Johnny Bischoff, skoolhoof van Van Reedeskool en ondervoorsitter van die SWD Majorette and Cheerleading Association, is Oudtshoorn die ideale ligging vir ’n nasionale kampioenskap van hierdie omvang. Hy het tydens die bekendstelling van die sportfees beklemtoon dat die Rec ’n uitstekende lokaal vir toeskouers bied en aan al die vereistes van so ’n grootskaalse gebeurtenis voldoen.

Oor die waarde van die nasionale kampioenskap vir die dorp het hy gesê: “The SAMCA National Championships brings significant economic value to Oudtshoorn, attracting thousands of visitors who support local businesses, accommodation, and tourism. The event places Oudtshoorn on the national sporting map, showcasing its facilities and hospitality. It also fosters community pride and involvement, especially amongst the youth. Most importantly, it creates long-term opportunities for sports development and tour-ism growth in the region.”

In sy boodskap op die program van vanjaar se kampioenskap sê Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, Johan Allers: “Majorettes and cheerleaders embody discipline, energy, and teamwork – values that inspire us all. This championship is more than a competition – it is a celebration of youth excellence, cultural pride, and the power of sports to unite us.

Thank you to SAMCA and every individual behind the scenes who made this event possible. To the participants: give your best, cherish the moment, and know that your pre-sence here is already a triumph. Welcome to Oudtshoorn where talent shines and memories are made.” Inwoners word genooi om kaartjies te bekom en die land se beste trompoppies en rasieleiers in aksie te sien. (Deur Hannes Visser, Die Hoorn)